0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (2)
  • R100 - R250 (62)
  • R250 - R500 (15)
  • R500 - R1,000 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 25 of 80 matches in All Departments

Hondman 3: Katkenades (Afrikaans, Paperback): Dav Pilkey Hondman 3: Katkenades (Afrikaans, Paperback)
Dav Pilkey; Translated by Kobus Geldenhuys
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die superspeurder kom weer te staan teen sy groot vyand, Ramkat, wat die lewe vir die polisie moeilik maak.

Ramkat ontsnap uit die tronk en breek in by ’n laboratorium. Hy steel ’n masjien en maak ’n miniatuurkloon van homself, Kleinkat. Intussen ontvries ’n professor ’n psigokentiese vis om sy brein te bestudeer, maar Hondman breek per ongeluk al die grate in sy lyf.

Die professor opereer die vis en maak ’n supervis.

Die Seun Wat Drake Kweek - Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Andy Shepherd Die Seun Wat Drake Kweek - Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Andy Shepherd; Illustrated by Sara Ogilvie; Translated by Kobus Geldenhuys
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 8 working days

Wanneer Tomas ’n draakvrugboom in sy oupa se tuin ontdek en ’n klein drakie uit een van die vrugte bars, ontdek hy dat drake baie meer moeite is as komkommers! Daar is ontploffende draakbolle oral ‒ selfs eenkeer in Oupa se ontbytgraan ‒ die huiskat word gedurig rondgejaag en Tomas se tandeborsel (en ander persoonlike items) word gereeld brandgesteek. Maar dis darem nie net chaos en ontploffende draakbolle nie! Die eerste keer toe Flikker sy stert om Tomas se nek krul en hom met sy groot diamant-oë kyk, kom Tomas agter dat daar heelwat meer as net towerkrag in drake steek. Maar as jy ’n draak het moet jy dit geheim hou, want wie wil nie hulle eie draak hę nie?

Die Seun Wat Saam Met Drake Lewe - Die Seun Wat Drake Kweek: Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Andy Shepherd Die Seun Wat Saam Met Drake Lewe - Die Seun Wat Drake Kweek: Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Andy Shepherd; Translated by Kobus Geldenhuys
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 8 working days

Tomas het ’n groot geheim: hy het ’n klein drakie wat hy in sy oupa se tuin gekweek het. En dis nie al nie – sy vriende, Ted, Kai en Kat het ook hulle eie drake! Om ’n draak te hę is ’n betowerende ondervinding, maar dis netsowel jy dra ’n onvoorspelbare vulkaan in jou broeksak! Om die drake uit die moeilikheid te hou is baie harde werk. Boonop lyk die drakevrugteboom effens verlep. Tomas en sy vriende moet die drakevrugteboom weer gesond kry en ook probeer uitpluis wat Liam, die skoolboelie, in die mou voer.

Hondman 2: Hondman Op Hol (Afrikaans, Paperback): Dav Pilkey Hondman 2: Hondman Op Hol (Afrikaans, Paperback)
Dav Pilkey; Translated by Kobus Geldenhuys
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Hondman is terug en hy het 'n appeltjie te skil met die węreld se wildste katskurk! Hondman, die nuutste superheld van die skepper van Captain Underpants, is maar nog nat agter die ore. As die kaptein hom net 'n kans wil gee . . . Ramkat is vry en sy kriminele aktiwiteite neem die stad op horings. Kan die nuwe polisieheld die stad betyds red uit die kloue van hierdie skurk, of gaan Ramkat met die perfekte misdaad wegkom?

Hondman (Afrikaans, Paperback): Dav Pilkey Hondman (Afrikaans, Paperback)
Dav Pilkey; Translated by Kobus Geldenhuys
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Daar is 'n nuwe soort polisieman op die toneel! George en Harold het 'n nuwe held geskep wat bedrog uitgrou, sy kloue in kroeke inslaan en diewe omduik! Ben die hond en sy polisiehoof word beseer op diens, maar 'n operasie verander ook lewe soos ons dit ken, en Hondman word gebore. Met die kop van 'n hond en die lyf van 'n mens, het hierdie heldhaftige hond 'n neus vir geregtigheid. Maar is sy hondemaniere regtig iets van die verlede?

Nooit En Vir Ewig - Die Towenaars Van Toeka: Boek 4 (Afrikaans, Paperback): Cressida Cowell Nooit En Vir Ewig - Die Towenaars Van Toeka: Boek 4 (Afrikaans, Paperback)
Cressida Cowell; Translated by Kobus Geldenhuys
R282 Discovery Miles 2 820 In Stock

Xar en Wens het die bestanddele vir die doepa om van hekse ontslae te raak gekry. Nou roep die towerkoning hulle na die Meer van die Verlorenes. Maar hulle moet die doepa eers in die beker van tweede kanse aanmaak.

Xar is ’n towenaarseun wat deur ’n gevaarlike heksevlek beheer word. Wens is ’n krygermeisie met sterk towerkrag.

Kan hulle die honger Draakwurmmonster verslaan en met die beker ontsnap? En sal die doepa se towerspreuk sterk genoeg wees om die VLOEK VAN DIE WOESTE WOUD te verbreek … of sal die hekse VIR EWIG regeer?

Karre en Kroeks (Afrikaans, Paperback): David Walliams Karre en Kroeks (Afrikaans, Paperback)
David Walliams; Illustrated by Tony Ross; Translated by Kobus Geldenhuys
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 4 - 8 working days

Jy kry allerhande soorte pa’s. Daar is vettes en maeres, langes en kortes. Daar is lawwe pa’s en ernstige pa’s, pa’s wat bulder en pa’s wat sag praat.

Daar is natuurlik goeie pa’s.

En daar is slegte pa’s …

Frank se pa was ’n kampioen-stampkarrenjaer, die koning van die renbaan. Gilbert die Grote! Maar ná ’n aaklige ongeluk noem mense hierdie topjaer ’n flopjaer. Nou is Frank en Gilbert platsak – en in ’n wrede boewebaas en sy trawante se kloue. En wanneer Gilbert in die tronk gegooi word, kan net Frank hom red … David Walliams se tiende roman is ’n doller-as-kopaf-rit saam met ’n pa en seun op ’n opwindende avontuur om die bose meneer Groot op sy plek te sit!

Die Seun Wat Saam Met Drake Vlieg - Die Seun Wat Drake Kweek: Boek 3 (Afrikaans, Paperback): Andy Shepherd Die Seun Wat Saam Met Drake Vlieg - Die Seun Wat Drake Kweek: Boek 3 (Afrikaans, Paperback)
Andy Shepherd; Translated by Kobus Geldenhuys
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 8 working days

Tomas kan nie sy lewe voorstel sonder sy draak Flikker nie.

Flikker is meer as net ’n troeteldier – hy’s die beste maat wat Tomas al ooit gehad het! Maar hy het sy oupa belowe dat hy en sy vriende hulle drake sal vrylaat, en dis beslis nie ’n maklike ding om te doen nie.

Veral nie wanneer Tomas en sy vriende soveel pret het saam met hulle drake Flikker, Son, Vrieska en Sluiper nie, nie as hulle nog moet uitwerk waar die drake vandaan kom en hoe om hulle weer terug by hulle huis te kry nie, en nie as Tomas op die nippertjie is om die storie agter die geheimsinnige draakvrugboom uit te pluis nie!

Dingeth (Afrikaans, Paperback): David Walliams Dingeth (Afrikaans, Paperback)
David Walliams; Illustrated by Tony Ross; Translated by Kobus Geldenhuys
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 8 working days

Klara Klein het alles wat sy moontlik kan begeer. Maar alles is nie genoeg nie. Sy wil nog en nog en nóg goed hę! Op ’n dag besluit Klara sy wil ’n DINGETH hę, maar daar is net een probleem. Wat is ’n DINGETH?

Mnr. en mev. Klein sal enigiets doen om hul dierbare doggie gelukkig te hou, selfs al beteken dit hulle moet by die kelder onder die biblioteek ingaan om ’n antwoord in die geheimsinnige Monsterklopedie te kry. Hul desperate soektog lei na die donker dieptes van die oerwoudagtigste oerwoud waar die vreemdste vreemde dierasies lewe.

Maar gaan hulle ooit ’n DINGETH kry?

Klop Drie Keer - Die Towenaars Van Toeka: Boek 3 (Afrikaans, Paperback): Cressida Cowell Klop Drie Keer - Die Towenaars Van Toeka: Boek 3 (Afrikaans, Paperback)
Cressida Cowell; Translated by Kobus Geldenhuys
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 4 - 8 working days

Wens en Xar moet nou soos misdadigers vlug. Almal maak op hulle jag: krygers, towenaars en die ergste van almal: HEKSE …

Kan hulle die geheime bestanddele vir die towerspreuk wat van hekse ontslae raak in die hande kry voordat die heksekoning sy kloue op towerkrag-wat-op-yster-werk kry?

Hulle volgende sending is nog meer skrikwekkend en gevaarlik as ooit … En iemand gaan hulle verraai … Is jy gereed om drie keer te klop?

Die Ysmonster (Afrikaans, Paperback): David Walliams Die Ysmonster (Afrikaans, Paperback)
David Walliams; Illustrated by Tony Ross; Translated by Kobus Geldenhuys
R253 Discovery Miles 2 530 Ships in 4 - 8 working days
Redder Van Die Ryk (Afrikaans, Paperback): Mark Huckerby, Nick Ostler Redder Van Die Ryk (Afrikaans, Paperback)
Mark Huckerby, Nick Ostler; Translated by Kobus Geldenhuys
R201 Discovery Miles 2 010 Ships in 4 - 8 working days

Sę nou oeroue mites is glad nie mites nie, en daar bestaan regtig iets soos monsters en towerkuns?

Alfie is die troonopvolger, maar op veertien sukkel hy nog om skool te oorleef. Terwyl ’n oeroue vyand probeer om Brittanje in sy bose mag te kry, besef hy dit gaan baie meer gaan verg as wat hy ooit gedink het om koning te word: Alfie moet ook die Redder word: Die Redder van die Ryk.

Veronika Besluit Om Te Sterf - 'n Roman Oor Verlossing (Afrikaans, Paperback): Paulo Coelho Veronika Besluit Om Te Sterf - 'n Roman Oor Verlossing (Afrikaans, Paperback)
Paulo Coelho; Translated by Kobus Geldenhuys
R239 Discovery Miles 2 390 Ships in 4 - 8 working days

Veronika het alles wat sy kan begeer – sy is jonk en mooi, met oorgenoeg aantreklike kęrels, ’n vaste werk, ’n liefdevolle familie. Nogtans is Veronika ongelukkig, en een winteroggend besluit sy om ’n oordosis slaappille te drink, maar word dan ’n ruk later in die plaaslike hospitaal wakker. Daar vind sy uit dat hoewel sy lewe, haar hart onherstelbaar beskadig is en dat sy slegs ’n paar dae oor het om te lewe … Die verhaal volg haar deur hierdie intense tyd terwyl sy al haar idees oor die lewe begin bevraagteken. Sy besef spoedig dat elke sekonde van ons bestaan ’n keuse tussen lewe en dood is. Dis ’n roerende en besielende lied aan die lewe, wat ons daaraan herinner dat elke oomblik in ons lewe spesiaal en kosbaar is.

Brida (Afrikaans, Paperback): Paulo Coelho Brida (Afrikaans, Paperback)
Paulo Coelho; Translated by Kobus Geldenhuys
R239 Discovery Miles 2 390 Ships in 4 - 8 working days
Krygsperd (Afrikaans, Paperback): Michael Morpurgo Krygsperd (Afrikaans, Paperback)
Michael Morpurgo; Translated by Kobus Geldenhuys 1
R163 Discovery Miles 1 630 In Stock

Krygsperd (War Horse in die oorspronklike Engels) vertel die aangrypende verhaal van die dapper Joey, 'n perd wat in 1914 verkoop word en kort daarna as oorlogsperd in die middel van die choas en ontbering van die Eerste Wereldoorlog beland. Die boek het aanleiding gegee tot Steven Spielberg se gewilde gelyknamige rolprent, wat in 2011 op die grootskerm vrygestel is.

Kewerkoningin (Afrikaans, Paperback): M. G. Leonard Kewerkoningin (Afrikaans, Paperback)
M. G. Leonard; Translated by Kobus Geldenhuys
R67 Discovery Miles 670 Ships in 4 - 8 working days

Wrede kewermodebaas Lucretia Cutter het ’n plan om die węreld voor haar kewerkloue te laat buig. Hierdie keer behels dit ’n besoek aan die jaarlikse Filmtoekennings in Los Angeles, ’n stel pragtige maar gevaarlike kewerrokke vir bekende aktrises en ’n weermag van bose lieweheersbesies. Darkus, Virginia en Bertold is vasbeslote om ’n stokkie voor haar planne te steek, maar Darkus se pa het hom verbied om verder ondersoek in te stel, die gruwelike skelms, Humphrey en Pickering is weer uit die tronk en die kewers van Kewerberg se lewens word ernstig bedreig.

Die Aardigste Onnies op Aarde (Afrikaans, Paperback): David Walliams Die Aardigste Onnies op Aarde (Afrikaans, Paperback)
David Walliams; Illustrated by Tony Ross; Translated by Kobus Geldenhuys
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 4 - 8 working days
Die Towenaars Van Toeka - Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Cressida Cowell Die Towenaars Van Toeka - Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Cressida Cowell; Translated by Kobus Geldenhuys
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 4 - 8 working days

Hierdie storie gaan oor ’n jong towenaarseun en ’n jong krygermeisie wat van geboorte af geleer is om mekaar soos gif te haat.

Die storie begin met die ontdekking van 'n reusagtige swart veer.

Is die towenaars en krygers dalk so besig om teen mekaar te baklei dat hulle nie agterkom dat ’n oeroue bose mag teruggekeer het nie? Is daardie veer dalk regtig ’n hekseveer?

Die Bulle Bakke - Episode 6 (Afrikaans, Paperback): Aaron Blabey Die Bulle Bakke - Episode 6 (Afrikaans, Paperback)
Aaron Blabey; Translated by Kobus Geldenhuys
bundle available
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Die Bullebakke is nou in die buitenste ruimte. En hulle verdwyn een na die ander!

’n Gruwelike ruimtewese met vreeslik baie tande en heeltemal te veel boude raap hulle een vir een op!

Is dit die einde vir die goeie ouens wat so graag helde wou wees?

Die Bulle Bakke - Episode 7 (Afrikaans, Paperback): Aaron Blabey Die Bulle Bakke - Episode 7 (Afrikaans, Paperback)
Aaron Blabey; Translated by Kobus Geldenhuys
bundle available
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Die Bullebakke het die ruimtewesens ontkom deur een of ander knoppie – OEPS – te druk! En het in die tyd van die dinosourusse beland!

Ja, julle het reg gehoor! Die helde word deur dinourusse gejag...

Maar wie moet nou eintlik bang wees vir wie?

Hoe Om 'N Draak Se Vloek Te Fnuik (Afrikaans, Paperback): Cressida Cowell Hoe Om 'N Draak Se Vloek Te Fnuik (Afrikaans, Paperback)
Cressida Cowell; Translated by Kobus Geldenhuys
R185 R155 Discovery Miles 1 550 Save R30 (16%) Ships in 4 - 8 working days

Kan Harwarrus die teengif vir dodelike Gadderitis kry en teen die Doodstand baklei? Kan hy Brandalf die Besetene se byl oorleef en weer die held wees?

Die Boomhuis Met 65 Vloere (Afrikaans, Paperback): Andy Griffiths, Terry Denton Die Boomhuis Met 65 Vloere (Afrikaans, Paperback)
Andy Griffiths, Terry Denton; Translated by Kobus Geldenhuys
R239 Discovery Miles 2 390 Ships in 4 - 8 working days
Hoe Om Jou Draak Te Tem 10: Hoe Om 'n Draak Se Juweel Te Steel (Afrikaans, Paperback): Cressida Cowell Hoe Om Jou Draak Te Tem 10: Hoe Om 'n Draak Se Juweel Te Steel (Afrikaans, Paperback)
Cressida Cowell; Translated by Kobus Geldenhuys
R186 Discovery Miles 1 860 Ships in 4 - 8 working days

Harwarrus Horribalus Heldehelm die Derde was 'n swaardvegter, draak¬fluisteraar en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Die draakrebellie het begin. Harwarrus is stoksielalleen en in ballingskap. Mense sowel as drake maak jag op hom - sy enigste hoop is dat hy die draakjuweel sal opspoor. Maar waar moet hy begin soek?

Juffrou Goth 4: Juffrou Goth en die Sinistere Simfonie (Afrikaans, Paperback): Chris Riddel Juffrou Goth 4: Juffrou Goth en die Sinistere Simfonie (Afrikaans, Paperback)
Chris Riddel; Illustrated by Chris Riddel; Translated by Kobus Geldenhuys
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

Die vierde en finale boek in die bekroonde Juffrou Goth-reeks. Vertaal deur Kobus Geldenhuys.

Lord Goth hou ’n musiekfees by die Grommengrys-herehuis, en die land se beste musikante gaan daar kom optree. Ada sien baie uit, maar eers kry sy te doen met haar ouma wat probeer om vir haar pa ’n deftige dame as vrou te kry, ’n sater wat in haar klerekas bly en Maltravers wat weer sy ou streke uithaal. Ada moet seker maak dat alles volgens plan verloop, en gelukkig bied ’n baie interessante huisgas aan om te help …

Juffrou Goth 3: Juffrou Goth en die Bedorwe Brakke (Afrikaans, Paperback): Chris Riddell Juffrou Goth 3: Juffrou Goth en die Bedorwe Brakke (Afrikaans, Paperback)
Chris Riddell; Translated by Kobus Geldenhuys
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

Die derde boek in die bekroonde Juffrou Goth-reeks.

Die węreld se beroemdste skrywers kom spog met hulle bedorwe brakke by die Grommengrys-herehuis se literęre hondeskou.

Maar daar is allerhande vreemde dinge in en om die herehuis wat Ada pla – geheimsinnige dierespore, tjankgeluide snags en skoene waaraan gekou is. Kan sy uitvind wat aangaan voor dit weer volmaan is?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Aquaman 2: The Lost Kingdom - 4K Ultra…
Jason Momoa, Patrick Wilson, … Blu-ray disc R680 Discovery Miles 6 800
Baby Dove Soap Bar Rich Moisture 75g
R20 Discovery Miles 200
Harry Potter Wizard Wand - In…
 (3)
R830 Discovery Miles 8 300
High Waist Leggings (Black)
R169 Discovery Miles 1 690
Nite Ize Keyrack Steel S-Biner…
R118 Discovery Miles 1 180
Faber-Castell Metal 2 Hole Sharpener
R31 R26 Discovery Miles 260
Mellerware Plastic Oscilating Floor Fan…
 (2)
R552 Discovery Miles 5 520
Elecstor B22 7W Rechargeable LED Bulb…
R399 R369 Discovery Miles 3 690
Bostik Easy Tear Tape - (12mm x 33m)
R24 R20 Discovery Miles 200
Complete Snack-A-Chew Iced Dog Biscuits…
R110 R104 Discovery Miles 1 040

 

Partners